Ons firma het op 22 Maart 2007 tot stand gekom met een prokureur en 'n ontvangsdame/tikster en het gegroei tot twee prokureurs en tien ondersteuningspersoneel. Ons is 'n algemene praktyk wat onder andere spesialiseer in skuldinvordering, siviele litigasie, straf litigasie, arbeidsreg en kontrakte.
Ons is ‘n jong dinamiese praktyk en ons dienslewering is uiters professioneel en dit is ons doelwit om alle aangeleenthede so spoedig en koste effektief as moontlik af te handel. Dit beteken egter nie dat elke opdrag in ‘n rekordtyd afgehandel gaan word nie. Sekere aangeleenthede verg somtyds meer tyd en geduld om dit suksesvol af te handel.
Ons doelwit is om die sterkste regspraktyk in Klerksdorp te wees, wat deur inwoners onder mekaar aanbeveel word en ons strewe daarna deur ons dienslewering en energieke werkswyse.
Dit sal vir ons ‘n eer wees indien u van ons dienste gebruik maak en ons kan u waarborg dat u nie teleurgesteld sal wees nie.